22 dat julle, wat die vorige lewenswandel betref die oue mens moet aflê wat deur die begeerlikhede van die verleiding te gronde gaan,
23 en dat julle vernuwe moet word in die gees van julle gemoed
24 en julle met die nuwe mens moet beklee wat na God geskape is in ware geregtigheid en heiligheid.
12 Laat niemand jou jonkheid verag nie, maar wees 'n voorbeeld vir die gelowiges in woord, in wandel, in liefde, in gees, in geloof, in reinheid.
9 Bet. Waarmee sal die jongeling sy pad suiwer hou? Deur dit te hou na u woord.
10 Ek soek U met my hele hart; laat my nie afdwaal van u gebooie nie.
11 Ek het u woord in my hart gebêre, dat ek teen U nie sal sondig nie.
12 Lofwaardig is U, o HERE! Leer my u insettinge!
13 Ek het met my lippe vertel al die verordeninge van u mond.
14 Ek is vrolik in die weg van u getuienisse soos oor allerhande rykdom.
15 Ek wil u bevele oordink en op u paaie let.
16 Ek sal my verlustig in u insettinge, u woord sal ek nie vergeet nie.
11 Maar jy, man van God, vlug van hierdie dinge weg, en jaag n die geregtigheid, godsaligheid, geloof, liefde, lydsaamheid, sagmoedigheid.
9 Dit is die geskiedenis van Noag. Noag was 'n regverdige, opregte man onder sy tydgenote. Noag het met God gewandel.
12 Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam glo;
13 wat nie uit die bloed of uit die wil van die vlees of uit die wil van 'n man nie, maar uit God gebore is.
1 Daar was 'n man in die land Us wie se naam was Job; en die man was vroom en opreg en godvresend en een wat afgewyk het van die kwaad.
24 Die verstandige hou die wysheid voor oë, maar die oë van die dwaas is by die einde van die aarde.
13 Waak, staan in die geloof, wees manlik, wees sterk.
14 Laat alles by julle in liefde geskied.
31 En ons weet dat God nie sondaars verhoor nie; maar as iemand godvresend is en sy wil doen, die verhoor Hy.
8 Hy het jou bekend gemaak, o mens, wat goed is; en wat vra die HERE van jou anders as om reg te doen en liefde te betrag en ootmoedig te wandel met jou God?
6 Daar was 'n man van God gestuur, wie se naam Johannes was.
7 Hy het tot 'n getuienis gekom om van die lig te getuig, sodat almal deur hom sou glo.
1 Welgeluksalig is die man wat nie wandel in die raad van die goddelose en nie staan op die weg van die sondaars en nie sit in die kring van die spotters nie;
2 maar sy behae is in die wet van die HERE, en hy oordink sy wet dag en nag.
3 En hy sal wees soos 'n boom wat geplant is by waterstrome, wat sy vrugte gee op sy tyd en waarvan die blare nie verwelk nie; en alles wat hy doen, voer hy voorspoedig uit.
4 So is die goddelose mense nie, maar soos kaf wat die wind verstrooi.
5 Daarom sal die goddelose nie bestaan in die oordeel en die sondaars in die vergadering van die regverdiges nie.
6 Want die HERE ken die weg van die regverdiges, maar die weg van die goddelose sal vergaan.