Intimidade com Deus
24 En voordat hulle roep, sal Ek antwoord; terwyl hulle nog spreek, verhoor Ek.
17 Die HERE jou God is by jou, 'n held wat verlossing skenk. Hy verheug Hom oor jou met blydskap; Hy swyg in sy liefde; Hy juig oor jou met gejubel.
1 Vir die musiekleier. 'n Onderwysing van die kinders van Korag.
2 Soos 'n hert wat smag na waterstrome, so smag my siel na U, o God!
3 Roep My aan, en Ek sal jou antwoord en jou bekend maak groot en ondeurgrondelike dinge wat jy nie weet nie.
8 Nader tot God, en Hy sal tot julle nader. Reinig die hande, julle sondaars, en suiwer die harte, julle dubbelhartiges!
1 o Almal wat dors het, kom na die waters; en wie geen geld het nie, kom, koop en eet; ja, kom, koop sonder geld en sonder prys, wyn en melk!
2 Waarom weeg julle geld af vir wat geen brood is nie, en julle arbeid vir wat nie kan versadig nie? Luister aandagtig na My en eet die goeie, en laat julle siel hom in vettigheid verlustig.
3 Neig julle oor en kom na My toe, luister, en julle siel sal lewe; Ek wil met julle 'n ewige verbond sluit: die bestendige genadebewyse van Dawid.
4 Kyk, Ek het hom tot 'n getuie van die volke gemaak, tot 'n vors en 'n gebieder van die nasies.
5 Kyk, nasies wat jy nie geken het nie, sal jy roep; en nasies wat jou nie geken het nie, sal na jou hardloop, ter wille van die HERE jou God en van die Heilige van Israel, omdat Hy jou verheerlik het.
6 Soek die HERE terwyl Hy nog te vinde is; roep Hom aan terwyl Hy naby is.
1 'n Psalm van Dawid, toe hy in die woestyn van Juda was.
3 So het ek U in die heiligdom aanskou, om u sterkte en u heerlikheid te sien.
4 Want u goedertierenheid is beter as die lewe; my lippe moet U prys.
5 So sal ek U prys my lewe lank, in u Naam my hande ophef.
6 Soos met vet en vettigheid sal my siel versadig word, en my mond sal roem met jubelende lippe
7 as ek aan U dink op my bed, in die nagwake oor U peins.
8 Want U was 'n hulp vir my, en in die skaduwee van u vleuels sal ek jubel.
9 My siel is aan U verkleef; u regterhand ondersteun my.
10 Maar hulle wat soek om my lewe te verderwe, hulle sal kom in die onderste plekke van die aarde.
11 Hy sal oorgelewer word in die mag van die swaard; die deel van die jakkalse sal hulle word. [ (Psalms 63:12) Maar die koning sal bly wees in God; elkeen wat by Hom sweer, sal hom beroem; want die mond van die leuensprekers sal gestop word. ]
22 En Ek het hulle die heerlikheid gegee wat U My gegee het, sodat hulle een kan wees, net soos Ons een is.
23 Ek in hulle en U in My, sodat hulle volkome een kan wees; en dat die wêreld kan weet dat U My gestuur het, en hulle liefgehad het net soos U My liefgehad het.
11 Want Âk weet watter gedagtes Ek aangaande julle koester, spreek die HERE, gedagtes van vrede en nie van onheil nie, om julle 'n hoopvolle toekoms te gee.
9 As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig.