8 Verder, broeders, alles wat waar is, alles wat eerbaar is, alles wat regverdig is, alles wat rein is, alles wat lieflik is, alles wat loflik is -- watter deug en watter lof daar ook mag wees, bedink dit.
7 Maar Ek sê julle die waarheid: Dit is vir julle voordelig dat Ek weggaan; want as Ek nie weggaan nie, sal die Trooster nie na julle kom nie; maar as Ek weggaan, sal Ek Hom na julle stuur;
14 En die Woord het vlees geword en het onder ons gewoon -- en ons het sy heerlikheid aanskou, 'n heerlikheid soos van die Eniggeborene wat van die Vader kom -- vol van genade en waarheid.
6 Jesus antwoord hom: Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.
15 Lê jou daarop toe om jou beproef voor God te stel as 'n werker wat hom nie hoef te skaam nie, wat die woord van die waarheid reg sny.
31 En Jesus sê vir die Jode wat in Hom geglo het: As julle in my woord bly, is julle waarlik my dissipels.
32 En julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak.
18 My kinders, laat ons nie liefhê met woorde of met die tong nie, maar met die daad en in waarheid.
24 Verwyder van jou die valsheid van mond, en hou ver van jou af die verkeerdheid van lippe.
18 Volgens sy wil het Hy ons voortgebring deur die woord van die waarheid, sodat ons as eerstelinge van sy skepsele kan wees.
32 Die lippe van die regverdige weet wat welgevallig is, maar die mond van die goddelose is pure valsheid.
5 Elke woord van God is gelouter; Hy is 'n skild vir die wat by Hom skuil.
4 Ek het geen groter blydskap as dit nie, dat ek hoor dat my kinders in die waarheid wandel.
20 En ons weet dat die Seun van God gekom het en ons verstand gegee het om die Waaragtige te ken; en ons is in die Waaragtige, in sy Seun, Jesus Christus. Hy is die waaragtige God en die ewige lewe.
5 He. Lei my in u waarheid en leer my, want U is die God van my heil. U verwag ek die hele dag.
12 Maar bo alles, my broeders, moenie sweer nie: nie by die hemel nie, ook nie by die aarde nie en ook geen ander eed nie; maar laat julle ja ja wees en julle nee nee, sodat julle nie onder 'n oordeel val nie.
2 Hy wat opreg wandel en geregtigheid doen, en wat met sy hart die waarheid spreek;
3 wat nie rondgaan met laster op sy tong nie, sy vriend geen kwaad doen en geen smaadrede uitspreek teen sy naaste nie;
6 As ons sê dat ons met Hom gemeenskap het en in die duisternis wandel, dan lieg ons en doen nie die waarheid nie.
27 En die salwing wat julle van Hom ontvang het, bly in julle, en julle het nie nodig dat iemand julle leer nie; maar soos dieselfde salwing julle aangaande alles leer, so is dit ook waar en geen leuen nie; en soos die julle geleer het, so moet julle in Hom bly.
4 Want die woord van die HERE is reg, en al sy werk is met trou.
13 Mem. Wie is die man wat lus het in die lewe, wat dae liefhet om die goeie te sien?
30 Ek het die weg van waarheid verkies; u verordeninge het ek voor my gestel.
15 maar, terwyl ons in liefde die waarheid betrag, in alles sou opgroei in Hom wat die Hoof is, naamlik Christus,
1 Die geloof dan is 'n vaste vertroue op die dinge wat ons hoop, 'n bewys van die dinge wat ons nie sien nie.
24 God is Gees; en die wat Hom aanbid, moet in gees en waarheid aanbid.
26 Maar as die Trooster gekom het wat Ek vir julle van die Vader sal stuur, die Gees van die waarheid wat van die Vader uitgaan, sal Hy van My getuig.