1 Ó Deus, não guardes silêncio; Não te cales nem fiques quieto, ó Deus.
2 Pois eis que os teus inimigos fazem tumultos, E os que te odeiam, alçam a cabeça.
3 Formam planos cavilosos contra o teu povo, E juntos consultam contra os teus protegidos.
4 Eles dizem: Vinde, e destruamo-los para que não constituam nação; Assim não será lembrado mais o nome de Israel.
5 Pois juntos e unânimes se têm consultado, Contra ti fazem aliança,
6 As tendas de Edom e os ismaelitas, Moabe os hagarenos;
7 Gebal, Amom e Amaleque; A Filístia com os habitantes de Tiro.
8 A Assíria também está aliada com eles; Têm auxiliado aos filhos de Ló. (Selá)
9 Faze-lhes como fizeste a Midiã, Como a Sísera, como a Jabim, junto ao rio Quisom,
10 Os quais pereceram em Endor; Tornaram-se como esterco para a terra.
11 Faze os seus nobres como a Orebe e a Zeebe, E os seus príncipes como a Zebá e a Zalmuna,
12 Os quais disseram: Tomemos para nós As habitações de Deus.
13 Faze-os, Deus meu, como um turbilhão de pó, Como palha impelida do vento.
14 Como o fogo que queima um bosque, E como a chama que abrasa os montes;
15 Assim persegue-os com a tua procela, E amedronta-os com o teu furacão.
16 Cobre-lhes o rosto de confusão, De sorte que busquem o teu nome, ó Jeová.
17 Sejam envergonhados e conturbados para sempre, Sejam confundidos e pereçam,
18 Para que saibam que só tu, cujo nome é Jeová, És o Altíssimo sobre toda a terra.
1 'n Lied. 'n Psalm van Asaf.
2 o God, hou U nie stil nie, swyg nie en rus nie, o God!
3 Want kyk, u vyande maak rumoer, en u haters steek die hoof op.
4 Teen u volk smee hulle listig 'n plan en hou onder mekaar raad teen u verborgenes.
5 Hulle sê: Kom, laat ons hulle vernietig, dat hulle geen volk meer is nie, sodat aan die naam van Israel nie meer gedink word nie.
6 Want hulle het van harte saam raad gehou; teen U sluit hulle 'n verbond:
7 die tente van Edom en die Ismaeliete, Moab en die Hagareners,
8 Gebal en Ammon, en Amalek, Filist,a saam met die inwoners van Tirus.
9 Ook het Assur by hulle aangesluit; hulle is 'n arm vir die kinders van Lot. Sela.
10 Maak met hulle soos met M¡dian, soos met S¡sera, soos met Jabin by die spruit Kison:
11 hulle is verdelg by Endor, hulle het mis geword vir die grond.
12 Maak hulle, hul edeles, soos Oreb en Seëb, en al hulle vorste soos Seba en Salmuna,
13 wat sê: Laat ons die woninge van God vir ons in besit neem!
14 My God, maak hulle soos strooi, soos stoppels voor die wind.
15 Soos vuur wat 'n bos verbrand, en soos die vlam wat berge aan die brand steek --
16 vervolg hulle so met u storm en verskrik hulle met u stormwind.
17 Oordek hulle aangesig met skande, dat hulle u Naam kan soek, o HERE!
18 Laat hulle beskaamd staan en verskrik wees vir ewig, en laat hulle rooi van skaamte word en omkom; [ (Psalms 83:19) sodat hulle kan weet dat U, wie se Naam HERE is, alleen die Allerhoogste is oor die hele aarde. ]