3 if indeed ye have tasted that the Lord {is} good.

5 yourselves also, as living stones, are being built up a spiritual house, a holy priesthood, to offer spiritual sacrifices acceptable to God by Jesus Christ.

6 Because it is contained in the scripture: Behold, I lay in Zion a corner stone, elect, precious: and he that believes on him shall not be put to shame.

7 To you therefore who believe {is} the preciousness; but to the disobedient, the stone which the builders cast away as worthless, this is become head of {the} corner,

8 and a stone of stumbling and rock of offence; {who} stumble at the word, being disobedient to which also they have been appointed.

9 But *ye* {are} a chosen race, a kingly priesthood, a holy nation, a people for a possession, that ye might set forth the excellencies of him who has called you out of darkness to his wonderful light;

10 who once {were} not a people, but now God's people; who were not enjoying mercy, but now have found mercy.

11 Beloved, I exhort {you}, as strangers and sojourners, to abstain from fleshly lusts, which war against the soul;

3 as julle ten minste gesmaak het dat die Here goedertieren is.

4 Kom na Hom toe, die lewende steen wat deur die mense wel verwerp is, maar by God uitverkore en kosbaar is;

5 en laat julle ook soos lewende stene opbou, tot 'n geestelike huis, 'n heilige priesterdom, om geestelike offers te bring wat aan God welgevallig is deur Jesus Christus.

6 Daarom staan dit ook in die Skrif: Kyk, Ek lê in Sion 'n uitverkore en kosbare hoeksteen, en die wat in Hom glo, sal nooit beskaam word nie.

7 Vir julle dan wat glo, is Hy kosbaar; maar vir die ongelowiges geld die woord: Die steen wat die bouers verwerp het, dit het 'n hoeksteen geword; en: 'n Steen des aanstoots en 'n rots van struikeling --

8 vir die wat hulle daarteen stamp, omdat hulle aan die woord ongehoorsaam is, waarvoor hulle ook bestem is.

9 Maar julle is 'n uitverkore geslag, 'n koninklike priesterdom, 'n heilige volk, 'n volk as eiendom verkry, om te verkondig die deugde van Hom wat julle uit die duisternis geroep het tot sy wonderbare lig,

10 julle wat vroeër geen volk was nie, maar nou die volk van God is; aan wie toe geen barmhartigheid bewys is nie, maar nou bewys is.

11 Geliefdes, ek vermaan julle as bywoners en vreemdelinge om julle te onthou van vleeslike begeertes wat stryd voer teen die siel;