5 Dedicai-vos mutuamente a estima que se deve em Cristo Jesus.6 Sendo ele de condição divina, não se prevaleceu de sua igualdade com Deus,7 mas aniquilou-se a si mesmo, assumindo a condição de escravo e assemelhando-se aos homens.8 E, sendo exteriormente reconhecido como homem, humilhou-se ainda mais, tornando-se obediente até a morte, e morte de cruz.
5 Want hierdie gesindheid moet in julle wees wat ook in Christus Jesus was.6 Hy, wat in die gestalte van God was, het dit geen roof geag om aan God gelyk te wees nie,7 maar het Homself ontledig deur die gestalte van 'n dienskneg aan te neem en aan die mense gelyk geword;8 en in gedaante gevind as 'n mens, het Hy Homself verneder deur gehoorsaam te word tot die dood toe, ja, die dood van die kruis.